MunicipalNews

Sies! Wat’s dai reuk?

'Toe ek buite toe loer, klap die stank my byna onderstebo.'

Die rioolmangat in Wilma Snyman se erf het op haar verjaarsdag vir groot drama gesorg toe dit sonder waarskuwing begin oorborrel het.

Sy het vertel hoe verras sy was oor die fontein wat skielik uit die mangat in haar erf uitgespruit het, maar die reuk en die riool wat daarmee gepaard gegaan het, was alles behalwe aangenaam.

“My kleindogter het op my skoot gesit en gesĂȘ dit was nie sy wat die reuk veroorsaak het nie,” het Wilma gesĂȘ. “Toe ek buite toe loer, klap die stank my byna onderstebo.”

Sy het dadelik die probleem onder die aandag van die Rand West City Local Municipality (RWCLM) gebring. Hulle het die probleem die volgende dag reggestel.

“Dis nou jammer dat die rioolwater ook in my groentetuin ingeloop het,” het Wilma gesĂȘ. “Ek sal maar eerder ‘n muurtjie daar rondom bou net ingeval die drein weer oorloop. Ek is tog bly hulle (munisipaliteit) het so vinnig gereageer om die mangat te kom ontblok, maar ek is bekommerd dat dit weer sal uitspruit as die reĂ«nseisoen begin.”

Tshidiso Thlaripe, RWCLM-woordvoerder het gesĂȘ hy is bly dat die munisipaliteit hul beloftes nakom om 24-uur beskikbaar te wees.

“Ons streef na ‘n perfekte omkeertyd en hoop dat ons in die toekoms die tyd tot agt uur kan verkort,” het hy gesĂȘ.

Tshidiso het bygevoeg dat die munisipaliteit bewus is daarvan dat riool gereeld in die omgewing oorloop.

“Die munisipaliteit se fokus vir die volgende vyf jaar is eenvoudig – ons wil die verouderde infrastruktuur in die area vernuwe. Dit is definitief iets waaraan die nuwe munisipaliteit aandag sal gee.”

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Rfontein’s sewage woes soon to be gone

Sewage unbearable for family

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button