NewsSchools

Jannas se mooistes gekroon

Jou Mnr en Mej Jan Viljoen 2016 is ...

Vanjaar se Mnr en Mej Jan Viljoen is onlangs tydens ‘n glansgeleentheid in die skoolsaal gekroon.

Die tema was Winter Wonderland. Op die dag het onderwysers en ouers hul vaardighede gedeel en saam ingespan om van die saal ‘n mistieke Winter Wonderland te maak. Al was die verhoog yskoud en bedek met sneeu, was Jannas se skoonhede egter witwarm.

In die senior afdeling is Ashley Cowan nie net gekroon as Mej Debutante nie maar ook as Mej Jan Viljoen Senior. Sy het die gehoor behoorlik bekoor met haar skoonheid en elegansie. Morne Holtzhausen het bo die res uitgestaan en met die titel van Mnr Jan Viljoen Senior weggestap.

In die junior afdeling is Herma Bosman met haar stralende persoonlikheid as beide Mej. Debutante en Mej Jan Viljoen Junior gekroon. Mnr Jan Viljoen Junior is Juante van Tonder, wat ‘n glimlag het wat vir niks skrik nie.

Die gaskunstenaar, Ricky Faber, het vir die vermaak gesorg met ‘n klomp bekende treffers, onder andere Kaalgat in die reën.

Volledige uitslae is as volg:

Senior dogters:

• Mej Fotogenies: Chantè Laubscher

• Mej Debutante: Ashley Cowan

• Eerste prinses: Diaandri Schoonraad

• Tweede prinses: Chantè Laubscher

Junior dogters:

• Mej Fotogenies: Chaniquè Stone

• Mej Debutante: Herma Bosman

• Eerste prinses: Mariska Kruger

• Tweede prinses: Leruchka de Villiers

Senior seuns:

• Mnr Fotogenies: Victor Esterhuizen

• Mnr Debutante: Hugh Marais

• Eerste prins: Jacques van Heerden

• Tweede prins: Victor Esterhuizen

Junior seuns:

• Mnr Fotogenies: Corrie Appelcryn

• Mnr Debutante: Stephan Brits

• Eerste prins: Corrie Appelcryn

• Tweede prins: Stephan Brits

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button