Local newsNews

Hoe verwerk ek ‘n geliefde se dood?

'"Rou is 'n normale proses, maar dit is nie te sê almal ervaar of hanteer die routydperk dieselfde nie'

Die dood van ‘n geliefde kan enigeen se lewensreis ontspoor.

Die afgelope maand het menige Randfonteiners geliefdes aan die dood afgestaan.

Dr Annelize Naudé, sosio-emosionele terapeut het gesê dit is normaal om na die dood van ‘n geliefde deur ‘n routydperk te gaan. “Rou is ‘n normale proses, maar dit is nie te sê almal ervaar of hanteer die routydperk dieselfde nie.” Daar is volgens haar sekere hulpmiddels wat mense wat rou kan gebruik om deur die proses te werk.

Hier is ‘n paar wenke:

• Laat toe dat mense vir jou klein dingetjies doen, soos om jou met die begrafnisreëlings te help.

• Laat jouself toe om jou emosies te identifiseer. Al jou emosies gaan nie net uit hartseer bestaan nie. Jy kan kwaad of gedisoriënteerd voel.

• Laat jouself toe om te huil.

• Probeer om nie jouself van ander te onttrek nie.

• Praat oor wat jy dink en hoe jy voel.

• As jy nie daaroor kan praat nie, skryf dit neer.

• Om te verhoed dat jy te lank in die ontkenningsfase bly, besoek die graf van die oorlede geliefde.

• Herinner jouself dat jou lewenspad vorentoe anders gaan wees.

“Indien die persoon lank siek was, onthou dat jy jouself gedurende die tydperk moontlik afgeskeep het en jouself dus moet herontdek,” het Annelize gesê.

“Probeer ‘n ou stokperdjie weer aan die gang kry of probeer iets nuuts.”

Annelize meen ondersteuningsgroepe kan ook help om ‘n geliefde se dood te verwerk. Sy het gesê mense wat tydens groepsterapie hul gevoelens met mekaar deel, ontwikkel meegevoel en verwerk dan so hul eie pyn.

“Herinner jouself, rou is nie ‘n one-size-fits-all proses nie. Vir party mense duur dit een maand om die dood van ‘n geliefde te verwerk. Vir ander neem dit jare,” het Annelize gesê. “As jy ooit voel dit neem jou te lank om ‘n geliefde se dood te verwerk, praat met ‘n professionele sielkundige of berader.” Sy het die versekering gegee dat om hulp te vra nie ‘n teken van swakheid is nie, maar eerder ‘n teken van aanvaarding en genesing is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button