Local newsNews

Stemmery verloop glad by RHS-stemlokaal

'Die beste in 'n hele paar jaar,'

By die stemlokaal by Randfontein High School (RHS) het die stemproses gedurende die middag buitengewoon glad verloop.

Al was die koue windjie nie juis aangenaam nie, het inwoners nietemin hul jasse aangetrek en hul kruisies gaan trek. Die koue is nie as verskoning gebruik om van die stembus af weg te bly nie.

Die Herald het verskeie stemmers uitgevra oor hul ervaring van die stemproses. Hul reaksie was niks anders as positief nie.

‘n Glimlaggende Zanta en Ian Flemming het vertel dat die stemmery ongelooflik maklik en vinnig verloop het. Soveel so dat ‘n groep stemmers opmerkings gemaak het oor hoe goed die verkiesing georganiseer was en dit as “die beste in ‘n hele paar jaar” bestempel het.

“Dit was sommer tjoef-tjaf,” het Patricia Venter, huismoeder van die Connie Mulder Sentrum gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button