NewsSchools

Jannas se slimste in Wetenskap en Wiskunde is …

Borg moedig leerlinge aan om in Wiskunde en Wetenskap te presteer om die ingenieursweseprofessie te bevorder.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het hul beste Wiskunde- en Wetenskap-leerling aangewys.

Op Maandag, 25 Julie tydens Jannas se weeklikse saalopening het Hercilus Harmse, ‘n Graad 11-leerling die groot eer te beurt geval.

Freddy Sheppard, ook ‘n Graad 11-leerling, is aangewys as die leerling wat die beste vordering in dieselfde vakke getoon het. Hercilus het ‘n wisseltrofee en R2 500 ontvang, terwyl Freddy R500 gekry het.

Die twee se merkwaardige prestasies is deur Nature Bound erken. Die maatskappy se eienaars, Francois Graaff en sy seun Francois jnr het die saalopening waargeneem en die prysgeld aan die leerlinge oorhandig.

Francios snr het ook ‘n PowerPoint-aanbieding tydens die saalopening gedoen. Die boodskap was dat ‘n mens van jongs af moet begin werk sodat jy later die vrugte daarvan kan pluk.

Dié jaarlikse toekenning word sedert 2014 by Jannas gedoen. Nature Bound, vanjaar se borg probeer leerlinge aanmoedig om in Wiskunde en Wetenskap te presteer om die ingenieursweseprofessie te bevorder.

‘n Voorbeeld dat dit begin vrugte afwerp is dat Rienier van Dyk, verlede jaar se wenner van die toekenning, tans ‘n ingenieurswesestudent is.

Related Articles

Back to top button