NewsSchools

Ram gee terug aan die gemeenskap

Skool: Dit was 'n baie emosionele ondervinding.

Laerskool Randfontein (Ram) se 67 minute vir Mandela-dag het ure geword en toe dae.

Julie is Mandela-maand en Ram het gewys dat hulle werklik vir die gemeenskappe van Randfontein en Westonaria omgee.

Ram se leiers het ‘n projek geloods wat groter geword as wat hulle verwag het. Dit het behels dat elke leerling gevra is om niebederfbare produkte te bring ten bate van die leierprojek.

Ram-leerlinge en -ouers het hul harte oopgemaak en het meer as net blikkieskos gegee. Sakke en sakke vol skoonmaakmiddels, klere en speelgoed is ook ingesamel.

Die skool het dit wat ingesamel is, aan ‘n tehuis vir bejaardes, ‘n kliniek in Hillside asook ‘n kinderhuis in Randfontein geskenk.

Ram se leiers het meer as hul 67 minute aan die projek gewy; hulle het nie net die skenkings gesorteer en oorhandig nie, hulle het ook die geleentheid gebruik om die mense wat die skenkings ontvang het, te leer ken.

“Dit was ‘n baie emosionele ondervinding maar al die leiers het erken dat dit die moeite werd was,” het Athur Begg, voorsitter van Ram se ouerleierkomitee gesê.

Die laaste oorhandiging sal op Saterdag, 6 Augustus gedoen word, dié keer aan ‘n ander kinderhuis.

“Ram is opreg dankbaar vir al die bydraes en is trots op elke leier vir die inisiatief wat geneem is om ‘n klein verskil in soveel mense se lewens te maak,” het Athur gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Brode vir Mandela Dag

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Related Articles

Back to top button