Opinion

Ons kry net lippediens

Wanneer word die verdomde dienste gelewer waarvoor jy betaal?

Lippediens is ook al wat ons kry so kort voor die munisipale verkiesing.

Daar is volop beloftes, gesegdes, retoriek en meestal baie ou nuus. Eintlik word Jan Publiek, ek en jy, se intelligensie onderskat met die snert wat bykans alle raadslede, politici of aspirante verkoop as hulle op die kassie klim of vir ‘n koerant skryf.

As my jare nie al so vêr aangeloop het nie sou ek my bitterlik vererg het en dalk met groot woorde laat waai het.

Driekwart van die beloftes vir die toekoms is óf uit die duim gesuig óf prakties totaal onhaalbaar.

Dadelik wonder ek dan – wat is my stem, vele belastings, e-tol, harde werk ensovoorts nou eintlik werd?

Waar sien ‘n mens dinge gebeur in verband met brood-en-botter-sake? Of moet ‘n ou nou maar stilbly en voortkarring – amper soos in ‘n despotiese staat – vat wat na jou kant toe kom en moenie vrae vra nie?

Hoekom braak ek gal? Wanneer word die verdomde dienste gelewer waarvoor jy betaal?

Word slaggate in Randfontein se paaie dan ‘n standaard? Die verkiesing is bitter naby en ek het nie ‘n benul wie my potensiële raadslid is nie.

Related Articles

Back to top button