Local newsNews

Brode vir Mandela Dag

Lede van ‘n plaaslike maatskappy het tydens Mandela Dag brode aan verbygangers uitgedeel.

Werknemers van 3%.com-eiendomme het Maandag die 18de Julie 100 brode aan voetgangers uitgedeel as hul bydrae tot die 67 minute van goedhartigheid tydens Mandela Dag.

Die maatskappy het die brode by Galactic Bread gekoop en dit by Village Square-inkopiesentrum se minibusstaanplek uitgedeel.

Grietjie le Roux, ‘n werknemer van die maatskappy het gesê dit is ‘n voorreg om ‘n bydrae tot die welsyn van hul medemense te kon lewer. “Dit was tonne pret om die mense se gesigte te sien toe ons vir hulle brood uitgedeel het.”

Lindiwe Peter van die Departement van Gesondheid wat daar verbygestap het, het gesê sy en haar kollegas het ook elkeen ‘n brood ontvang. “Ons is dankbaar vir die mense se bydrae tot Mandela Dag,” het sy gesê.

Volgens Lindiwe gaan haar groep later vandag gratis gesondheidstoetse by dieselfde adres doen. “Verbygangers kan toetse vir MIV, TB, diabetes en hoë bloeddruk by ons kom doen,” het Lindiwe belowe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button