Local newsNews

Liefling-bakkie by kliniek gesteel

Video: Pa praat sy hart uit oor sy bakkie wat gesteel is toe hy epilepsiemedikasie vir sy dogter by kliniek gaan haal het.

Die geliefde Datsun 1400i-bakkie en enigste vervoermiddel van ‘n 71-jarige man is gesteel terwyl hy en sy dogter haar epilepsiemedikasie gaan haal het.

Die voorval het onlangs by die Randgate-kliniek plaasgevind. Kaptein Appel Ernst, Randfontein-polisiewoordvoerder het bevestig ‘n saak van motordiefstal is by hulle aangemeld en word deur die voertuigdiefstaleenheid ondersoek.

Volgens Lappies Labuschagne het hy en sy 16-jarige dogter, Gabriella, soos elke maand die kliniek om en by 3nm besoek.

“Ek het my bakkie parkeer waar ek altyd stop as ons kliniek toe kom. Ons was vir ongeveer twee uur binne die kliniek en toe ons uitkom was die bakkie weg. Ek het my seun gekontak en hy het ons kom haal. Hy het ons geneem om ‘n verklaring by die polisie te gaan aflê.”

Wat Lappies die meeste pla is dat hy drie karwagte – twee buite die hek en een binne die hek – gewaar het toe hulle by die kliniek aangekom het.

Volgens hom het die bakkie ‘n babablou kleur en is tussen R35 000 en R40 000 werd. Hy het gesê dit was in ‘n ‘vertoonkamertoestand’ toe dit gesteel is.

“Ek het in 2015 ‘n splinternuwe enjin ingesit wat my R16 000 gekos het. Ek het die bakkie laat sproeiverf, nuwe ligte reg rondom aangebring, die sitplekke oorgedoen, en vier nuwe sierwiele (mags) en ‘n uitlaatpyp opgesit.”

Lappies het sy bakkie as een van sy kinders beskou.

“Ek was verskriklik lief vir my bakkie. Dit was my enigste vervoermiddel.”

Kyk hier onder na die opname van ‘n pa wat sy hart op ‘n aangrypende manier uitpraat.

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us atrandfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websitesRoodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

 

 

Related Articles

Back to top button