Local newsNews

‘n Breier van ‘epidermiese proporsies’

'Ek doen dit nie vir die eer of dat ek moontlik geld hieruit kan maak nie.'

Gee en aan julle sal gegee word.

Dit is presies wat met Greenhills-inwoner Beverley Beukes, 44, gebeur het. Volgens Beverley het sy deur sosiale media gehoor van die lot van pasgebore kinders by ‘n hospitaal. Party van hulle word glo selfs met koerantpapier toegedraai om hulle warm te hou.

Die afgelope twee maande het Beverley ongeveer 30 mussies vir die babas gebrei sonder om enigiets in ruil daarvoor te verwag – nie lof nie, ook nie geld nie.

Beverley is al die afgelope vyf jaar werkloos maar dinge het skielik verander sedert sy die mussies brei. Sy het nou ‘n werksaanbod gekry en gaan dit met albei hande aangryp. Sy het soos Prediker 11:1 lui haar brood op die water gewerp en dit teruggekry.

Sy het ‘n klomp van die mussies aan Carryou oorhandig en beplan om nie op te hou brei nie.

“Dit is regtig vir ‘n goeie doel. Ek doen dit nie vir die eer of dat ek moontlik geld hieruit kan maak nie.

Dit is vir my lekker om dit te doen. Ek is self ‘n ma en wil hê kinders moet warm wees.

“My breiwerk is eintlik ‘n stokperdjie en kom al jare saam met my. Ek is mal daaroor. My ouma was ‘n breier van ‘epidermiese proporsies’ en brei is ‘n vaardigheid wat ek van kleins af geleer het,” het Beverley verduidelik.

Gevra hoekom sy die mussies brei, het sy geantwoord, “Liefdadigheid begin by die huis. As jy begin uitgee sal jy ontvang.”

Volgens haar neem dit ook nie lank om ‘n mussie te brei nie, net so ‘n uur. Sy kan drie per aand maak.

Beverly vra slegs vir donasies van wol sodat sy die mussies kan brei. Die wol kan by die Herald of Randfontein Publisiteitsvereniging se kantoor gedurende werksure afgelaai word.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button