Opinion

Verskoning aan my vrou en kinders

Ek is geweldig lief vir julle en wil julle nie verloor nie.

Ek staan skuldig voor jou. Ek het jou as vanselfsprekend aanvaar; jou nie waardeer nie.

Ek vra nederig om verskoning vir …

• die menigte kere wat ek jou seergemaak het

• die menigte kere wat ek vir jou leuens vertel het

Ek vra nederig om verskoning omdat …

• ek jou nie ondersteun het nie

• ek jou nie beskerm het teen die aanslae van die lewe nie

• ek so eiewys was

• ek met niks tevrede was nie

• ek jou nie geëer en respekteer het nie

• ek ons toekoms in gevaar gestel het, en ek dra alleen die skuld dat ek my werk verloor het

• ek altyd die kollig by ander mense probeer steel

• ek jou nie so bemin het soos ek 16 jaar gelede beloof het nie

Ek staan skuldig voor ons kinders en vra nederig om verskoning oor …

• ek nie ‘n goeie voorbeeld was nie

• ek julle, toe julle my die nodigste gehad het, in die steek gelaat het

• ek die oorsaak is dat daar nie kos in ons huis is nie, en dat ons huis verkoop moet word

Ek vra vergifnis van julle, want ek het verander. Ek het God weer in my lewe ingenooi.

Ek weet ek maak baie foute. Ek weet ek moet dringend werk kry. Asseblief, kom ons hou ons gesin bymekaar en bou saam aan ‘n toekoms.

Ek is geweldig lief vir julle en wil julle nie verloor nie.

Related Articles

Back to top button