NewsSchools

Een keer ‘n Janna, altyd ‘n Janna

Oudleerling sê haar alma mater lê haar na aan die hart.

Dit gaan al te goed daar in die buitewêreld met vier voormalige leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen.

Elouise Oberholzer, Maree van Rooyen, Chantelle Appelcryn en Shereen Mogorosi het lede geword van die Golden Key Honour Society vir akademiese toppresteerders wat die top 15 persent van akademiese presteerders by die Noordwes-Universiteit (NWU) is.

Elouise, ‘n derdejaarstudent, is een van vier studente wat ‘n spesiale toekenning van die Golden Key Honour Society ontvang het. Sy is as die wenner van die Chapter Award and International Scholarship aangewys.

Sy is ook vereer vir haar akademiese uitnemendheid asook haar betrokkenheid in die gemeenskap. Sy dien op die NUW-Onderwysraad as voorsitter van Studente- en Jeuggemeenskapdienste (SJGD) en sy dis ook aan die stuur van verskeie projekte vir weeskinders, gestremdes en bejaardes.

In Randfontein het sy onlangs Rainbow Daycare Centre besoek en het die dag saam met hul leerlinge spandeer. Elouise het gesê sy beskou dit as ‘n voorreg om voorrade aan hulle te kon skenk.

Boonop het sy NUW tydens haar praktiese onderwystydperk in Nederland verteenwoordig.

Volgens Julius Katzke, skoolhoof van Jan Viljoen het Elouise reeds op skool haar empatie en liefde vir haar medemens ontwikkel. In 2013 het sy die religie-portefeulje op die Verteenwoordigende Raad van Leerlinge (VRL) met groot sukses behartig en het toe reeds sigbare bydraes tot die gemeenskap gelewer.

Sy sê haar alma mater, Jannas en haar tuisdorp, Randfontein, lê haar baie na aan die hart.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button