Local newsNews

Groot manne-konferensie by kerk

Die onderwerp vir die konferensie is Koning, Priester en Profeet.

AGS Groen Weivelde bied op 3 tot 4 Junie ‘n Manne-konferensie aan by die kerk.

Hierdie is ‘n gulde geleentheid vir die mans wat graag voorheen so ‘n konferensie wou bywoon, maar wat nooit die kans gekry het nie.

Die spreker sal Dr Kobus de Beer wees. Die onderwerp is Koning, Priester en Profeet. Die konferensie sal Vrydag die 3rde begin en Saterdag die 4de eindig.

Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir Christen-manne in die gemeenskap om bymekaar te kom en ook te netwerk,” het Ds Hannes van der Merwe gesê,

“Ons nooi graag enige lid van die gemeenskap uit om die twee dae saam met ons te kom geniet. ”

Besprekings en navrae kan gedoen word by 011 692 3880 of admin@groenweivelde.co.za.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button