NewsSchools

Rappies vat raak in die natuur

Skool: Graad 6 en 7-leerlinge kon nie ophou praat oor al die pret wat hulle gehad het nie.

Laerskool Rapportryer se Graad 6 en 7-leerlinge is oor die natuurlewe touwysgemaak deur verlede maand die Raakvatterkamp op Hartbeeshoek buite Brits by te woon.

Groot opgewondenheid het geheers toe die kamp uiteindelik aangebreek het. Avontuur was aan die orde van die dag en leerlinge het op die kamp geleer hoe om boog te skiet; ā€˜n skuiling te bou en jouself in die natuur te beskerm.

Hulle het ook geswem en op ‘n heerlike wildsrit gegaan waar baie interessante dierefeite geleer is.

Baie leerlinge se vrees vir hoogtes is hok geslaan met die hoƫ toubaan wat hul voltooi het. Party se bene het maar lekker in die harnas gebewe. Soos gewoonlik was die naweek heeltemal te kort en met hulle terugkoms kon die groep Graad 6 en 7-leerlinge nie ophou praat oor al die pret wat hulle gehad het nie.

Die Raakvatters sien sommer klaar uit na hulle volgende avontuur.

Zeldean NortjƩ het die verf-deel terdeƫ geniet. Foto ingestuur.
Zeldean NortjƩ het die verf-deel terdeƫ geniet. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button