School sportSport

Jannas se Speedy Turtles wen Superreeks

Jannas wen al vyf hul wedstryde in die Superreeks.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se eerstenetbalspan, die Speedy Turtles, is nes die skool se o.15-seunsrugbyspan onlangs as kampioene van die Superreeks gekroon.

Die Superreeks-toernooi het oor ‘n tydperk van drie Saterdae by verskillende skole plaasgevind. Hul eerste kragmeting was teen Hoërskool Ligbron wat hulle met ‘n punt gewen het. Die telling was 21-20.

Die Speedy Turtles het daarna Hoërskool Dinamika 32-26 geklop en toe vir Hoërskool Bergsig oortuigend met ‘n telling van 48-18 ore aangesit. As Groep A-wenners het die Speedy Turtles in die uitkloprondte vir Hoërskool Secunda aangedurf en 35-25 geseëvier.

Volgens Magdie Vermeulen, spanbestuurder en Sylvia Maas, Speedy Turtles-afrigter was Secunda baie goed maar Jannas was beter.

Brandwag het toe vir Jannas in die eindstryd gewag en wat ‘n taai stryd was dit nie. Jannas het mooi kopgehou om die wedstryd 31-23 te beklink.

Dankie aan Anja Esterhuizen, ons kaptein, asook al die spelers vir hul harde werk, uithouvermoë en toewyding. Julle is ‘n pragtige spannetjie.

“Baie dankie aan ons borg, Shutterlock vir ons spelers se pragtige spandrag wat hulle laat uitstaan. Ons waardeer dit opreg. Met so ‘n span kan ons netbalseisoen net op ‘n hoë noot eindig,” het Sylvia met trots gesê.

Vier van Jannas se netbalspelers het boonop die Gauteng-netbaloefengroep gehaal. Hulle is Anja Esterhuizen, Mpho Ndongeni, Angelique van Niekerk en Mathapelo Magampa.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button