Opinion

Toekomsrus salueer sorggewers

Hulle is die onbesonge tantes by die sopkombuise wat sonder fondsbemiddeling en vergoeding 'n ete voorsien .

Die dienswillige sorggewers wat amper daagliks ‘n onbaatsugtige diens aan die nie-so-gelukkige persone in ons gemeenskap verskaf se ontfermende optrede gaan soms sonder ‘n pluimpie ongemerk verby.

Toekomsrus salueer hulle. Hulle is byvoorbeeld die onbesonge tantes by die sopkombuise wat sonder fondsbemiddeling en vergoeding ‘n ete voorsien aan die voedingbehoeftige minderbevoorregtes; sonder enige verwyt en aanstoot.

Hulle is ook die lewensaar van die armes en die toonbeeld van lewensbetrokkenheid waarsonder ons mekaar in die modder sou verdring het.

Die berig van mense wat op stortingsterreine krepeer is betreurenswaardig en verg sorgsame aandag.

Mnr Jimmy Erasmus, eienaar van Rassie’s Tavern in Roosstraat is inderdaad ‘n gemeenskapsmens wat op eie onkoste sorg dat die inwoners wat in rye wag, die Herald gereeld ontvang.

Treurig het ‘n werklose meisie in die ry aan my gevra, “Waarom kan ons nie saamstaan nie?” – ‘n onbeantwoordbare vraag. Dit is waar lewensbetrokkenheid te pas kom.

Vanwaar die verval en verwerping van die hulpkrete van die armes? Selfs hulle sal ook roep en nie gehoor word nie …

Dankie.

Related Articles

Back to top button