School sportSport

Rappies-eerstenetbalspan mik hoog, hoër, hoogste

Sewe dogters van die eerstespan in aksie tydens die Randfontein-Westonaria proewe, twee haal D2-span.

Twee netbalspelers van Laerskool Rapportyer se uitmuntende eerstespan is onlangs in die D2-span ingesluit.

Hulle is Ashley Stewart en Zurica van Heerden.

Dit kom nadat sewe dogters van die eerstespan in aksie was tydens die Randfontein-Westonaria proewe by Laerskool Randfontein.

Ashley het boonop die Gauteng-oefenspan gehaal.

Volgens Magda Swart, trotse afrigter van eerstenetbalspan is haar span se hoofoogmerk om in Junie die Gauteng-kampioenskappe te wen. Sy het vertel dat die spanlede al ‘n lang pad saam loop. Verlede jaar (as o.12’s) het die eerstespan vyfde geëindig in die Jomo-kampioenskappe by Maragon.

Die eerstespan bestaan uit Ashley Stewart, Zurica van Heerden, Megan Engelbrecht, Kisha dos Santos, Karli Strooh, Ashley Willemse, Carli du Toit, Mari de Beer en Ansune Reynolds.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button