NewsSchools

Bekende gesig vang gees by Riebeeck

Skool: 6 Mei is ‘n dag wat ons nie sommer sal vergeet nie.

‘n Bekende gesig het onlangs vir Hoërskool Riebeeckrand kom kuier.

Verlede Vrydag het Riebeeck ‘n geesvangsessie gehou wat die dak gelig het toe Stefan Ludik – ‘n musikant van die rockgroep Elvis se Seun; TV-persoonlikheid; akteur (Binnelanders) en voormalige krieketspeler ‘n draai in Randfontein kom maak het.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het leerlinge daardie dag skool toe gegaan met geen verwagtinge nie en is hulle deur die loop van die dag na die saal geroep waar ‘n klompie verrassings op hul gewag het.

Toe al die leerlinge hul sitplek inneem het die aksie begin. Annelize van den Berg, skoolhoof, was ‘n groot bok vir sports en het in ‘n Riebeeck-rugbytrui die geesvangsessie afgeskop toe sy Kurt Darren se bekende, Kaptein-lied, sing.

Kort hierna en met groot opwinding het Stefan en sy klankmanne ‘n verskyning op die verhoog gemaak en die leerlinge met ‘n uitstekende vertoning vermaak.

Stefan, ook met ‘n Riebeeck-rugbytrui, het toe vinnig saam met Riebeeck-leerlinge geesgevang en sosiale media het omtrent gegons van foto’s en video’s van die beroemde man van Namibië.

“6 Mei is ‘n dag wat ons beslis nie sommer sal vergeet nie,” het Elzeri gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button