Local newsNews

Geliefde ‘Oupa’ vier sy 90ste

'Dankie dat julle almal so mooi na my kyk' – Daantjie Small aan Randfontein

Daantjie Small, ‘n inwoner van Uitvalfontein het die afgelope Saterdag sy 90ste verjaarsdag in Lenmed Hospitaal gevier.

“Oupa” soos Daantjie beter bekend staan het vyf kinders, nege kleinkinders en 15 agterkleinkinders wat die dag saam met hom in die hospitaal deurgebring het.

Oupa het ook almal se harte by Lenmed gewen en die personeel van Medical 2 se saal het die dag nog net meer spesiaal gemaak. Lenmed se personeel het selfs ingespring en die verassingspartytjie gehelp reël.

Oupa was ook verras met ‘n pragtige koek van Royal Mnandi caters. Oupa, wat Sotho, Tswana en Zulu kan praat was ‘n treindrywer van formaat in sy dae.

“Oupa is op die oomblik in Lenmed opgeneem vir water op sy longe, maar voor dit, was hy 15 jaar laas in ‘n hospitaal opgeneem vir ‘n klein prosedure. Hy was nog altyd baie gesond.” sê Linda Bosch, sy kleindogter.

Oupa is so gelukkig met die personeel by Lenmed, dat hy hulle as engele beskryf. Oupa en sy familie wil Lenmed graag bedank vir hulle goedhartigheid en dat hulle so mooi na hom omsien.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Nog ‘n ‘Spring Chicken’ op 90

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button