Local sportSport

Hein se 15 atlete skitter

Alles oor die dorp se top atlete en hul prestasies die afgelope ruk.

15 top atlete van Randfontein – onder die bekwame vlerk van die welbekende atletiekafrigter, Hein Maré – het onlangs verskeie uitmuntende prestasies behaal.

Hein rig al vir 30 jaar lank atletiek af en is trots op elkeen van sy atlete. Volgens hom oefen almal verskriklik hard elke dag.

Liza Kellerman, 16, (Nedbank) het die naweek van 16 April teen die gewilde Olimpiese kampioen, Caster Semenya tydens die Suid-Afrikaanse Seniorkampioenskappe meegeding en ‘n tweede plek behaal. Liza is nou gekies vir die Lesotho-span wat Suid-Afrika tydens die Suidelike-Distrik Jeug Kampioenskappe in Mei gaan verteenwoordig maar dis nie al nie.

Liza is ook in die voorlopige Junior SA-span vir die Junior Wêreldkampioenskappe in Poland en het verder ook uitstekend gevaar in die 800 meter tydens die Suid-Afrikaanse skole- en klubkampioenskappe.

Dan het Devonique Breedt, ‘n 12-jarige (ook Nedbank) ‘n tweede plek behaal in die 800 meter vir dogters o.13 tydens die D2-kampioenskappe in Ruimsig. Tydens die Gauteng Skole-kampioenskappe was sy sewende in die o.13-uitdunne.

Daemian Breedt, 17, (Nedbank) het toe sy silwermedalje tydens die D2-kampioenskappe in die 400 meter vir seuns o.17 verower. Hy het ook ‘n vyfde plek behaal in die 400 meter vir seuns o.17 tydens die Gauteng Klubkampioenskappe.

Lebogang Ramela, 16, (Monnas) en langasematleet het ook nie teleurgestel nie en ‘n derde plek in die 2 000 meter-hindernisbaan vir dogters o.17 behaal. Sy het ook onder andere vyfde geeïndig in dié item tydens die Suid-Afrikaanse skole- en klubkampioenskappe.

Ezra Ferreira, 17, (Nedbank) het onderskeidelik ‘n silwer- en bronsmedalje verwerf in die 1 500 meter (D2-kampioenskappe) en 800 meter (Gauteng Klubkampioenskappe) vir dogters o.17.

Jeanette McKenzie, ‘n 30-jarige en wat twee jaar gelede eers weer begin hardloop het was kookwater in die 5 000 meter van die Gauteng Seniorkampioenskappe en ‘n gouemedalje ingepalm. Tydens die Suid-Afrikaanse Seniorkampioenskappe kon sy slegs ‘n 13de plek in dié item vermag.

George Waldick, 10, en jongste atleet van Randmark het onder andere ‘n vierde plek behaal in die 1 200 meter item tydens die D2-kampioenskappe.

Laaste maar nie die minste nie het Cornelia Joubert soos altyd ook uitgestaan. Al het sy hoë hoogtes in atletiek bereik is daar gesê dat sy steeds elke dag daarna streef om te verbeter. Randfontein het beslis ‘n dinamies span atlete om op trots te wees.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button