Local newsNews

Toekies-entrepreneurs gee terug aan gemeenskap

Vennoot: Ons kan almal iets positief vir die gemeenskap doen.

Ruth Bailey, 45, en Shirley Smith, 52, twee vennote het Maandag hul wegneemetebesigheid se vyfde bestaansjaar gevier deur minderbevoorregte mense in die gemeenskap te voer.

Shirley en Ruth is al vyf jaar in die wegneemetebesigheid waar hulle hoender daagliks aan die gemeenskap verkoop. Albei van hulle kom van Toekomsrus af en wil graag die gemeenskap motiveer om hulle eie besighede op die been te bring.

“Daar is mense wat herwinningswerk doen, al is dit ‘n eenvoudige werk, is dit darem ‘n werk.

Werklose mense moet vir hulself werkskep,” het Ruth gesê.

Shirley het vir ‘n baie lang tyd haar hoender by Hartstraat Primêr verkoop en sodoende haar seun deur die skool gekry en ook gesorg dat hy verdere studies kon doen.

Shirley en Ruth verkoop hoenderstukkies, voete en sosaties teen ‘n baie redelike prys maar is baie trots daarop om vir ongeveer 200 gemeenskapslede op die dag kos te kan voorsien.

“Ons het besluit om dankie aan ons ondersteuners te sê deur terug te gee aan die gemeenskap,” meen Shirley.

Die vrygewigheid stop nie hier nie. Met verlede jaar se wins het Ruth komberse, klere en skoene vir straatkinders gegee en in Desember elke jaar hou Shirley ‘n partytjie vir minderbevoorregte kinders in die gemeenskap.

Die vennote beoog nou om een keer per maand hoender aan honger gemeenskapslede te gee.

“Ons kan almal iets positief vir die gemeenskap doen,” meen Ruth.

Ruth Bailey en Shirley Smith hou die pot aan die kook.
Ruth Bailey en Shirley Smith hou die pot aan die kook.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button