School sportSport

Welpierugby-kliniek by Jannas vang die oog

Jannas help Rappies se welpierugbyspelers die sport ken en verstaan.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs ‘n welpierugby-kliniek vir Laerskool Rapportryer (Rappies) se o.8s aangebied.

Jannie du Preez, ‘n onderwyser en afrigter by Jannas sê byna 20 seuns, hul onderwysers asook afrigters het die kliniek bygewoon.

Die welpies het ‘n unieke hemp met Future Kamakazi in Training op ontvang. Kamakazi is die bynaam vir Jannas se eersterugbyspan.

“Jan Viljoen wil elke jong speler, ouer en afrigter bedank vir hul bywoning en wens hulle alle sterkte toe vir hul wedstryde wat voorlê,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button