Local newsNewsBreaking News

Bekende en geliefde sakeman sterf

Geliefde sakeman, Andrew Botha, sterf na kort siekbed.

Andrew Botha, ‘n welbekende gesig en sakeman van Randfontein is Saterdag, 2 April, na ‘n kort siekbed oorlede.

Volgens familie is Botha aan die gevolge van hartversaking oorlede.

Botha is bekend as die eienaar van Pets & All-dierewinkel by die Greenhills-sirkel wat al lank in Randfontein bestaan.

Hulle spesialiseer in troeteldierkos en -toerusting asook lekkernye soos koekies en lekkergoed. Botha se kennis, liefde en agtergrond van troeteldiere, voëls en visse het gemaak dat almal graag by hom kom raad vra het.

Botha se wens was dat sy huidige bestuurder, Amanda Botha, die winkel steeds sal laat handeldryf soos altyd. Botha het diep spore getrap in Randfontein.

Hy was ‘n baie gelowige man en het in sy lewe as diaken en ouderling gedien by NG-kerk Randpoort. Andrew het ook op die raad gedien by die Renaissance aftree-oord waar hy elke inwoner se belange op die hart gedra het.

Die familie wil graag die gemeenskap en kliënte bedank vir al hul ondersteuning tydens sy siekbed en afsterwe.

Sy begrafnisdiens is Woensdag by die NG Kerk Randpoort gehou.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button