Opinion

Wie is ons om te oordeel?

Na die berig van Boet Snyman wil ek net sê ...

Na die berig van Boet Snyman wil ek net sê: ‘Dit is hierdie naweek die kruisiging en die opstanding van Jesus.

Wie is ons om te oordeel? Daarom is bekering en die groot doop so belangrik want as jy jou sonde bely voor God en opreg is en dit laat staan en deur die bad van wedergeboorte gaan lê jy die ou mens die sondige mens af en jy staan op as nuwe mens in Jesus Christus.

Ons is nie onder die wet nie ons is onder God se genade – dit sê nie ons mag Sondig nie – want die wet is in ons hart geskryf. Ons is nie hier op aarde net om hemel toe te gaan nie, ons is hier om siele te wen vir Jesus.

En wat is die grootste gebod?

Jy moet die Here jou God lief hê met jou hele hart en jou hele verstand – so as jy Jesus in jou het, en jy is geplant in Jesus sal jy nie mense oordeel nie, en jy sal nie steel of moor nie want jy het Jesus se liefde.

Ek bid dat ons mense weer terug draai na ons eerste Liefde, Jesus Christus, wat aan die kruis gestref het vir elke een – en dat ons na mekaar sal kyk deur Jesus Christus se oë en ons arms onder mekaar sal indruk en mekaar sal optel en siele sal wen vir Jesus.

Want daar is soveel verlore siele – so kom net soos jy is – Jesus het die volle prys betaal vir my en jou en Jesus het jou lief. Romeine 8 vers 35 tot 39 sê: Niks sal ons skei van die liefde van Jesus nie.

Related Articles

Back to top button