Sport

‘Stoeiers is fikser as rugbyspelers’

Gawie Erasmus het ’n passie vir die sport.

Gawie Erasmus, 28, stoei-afrigter en voorsitter van die Eagles Wrestling Stoeiklub in Randgate0003 (Medium).

Gawie is tans hard aan die oefen vir die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe wat op 27 en 28 Mei in Sandton gehou gaan word.

Gawie stoei al vir vier jaar en het sy stoeiloopbaan by die Randfontein Stoeiklub begin. Daarna het hy by Jan Viljoen se Stoeiklub aangesluit en in September het hy by die nuwe stoeiklub, Eagles Wrestling begin. Hy is ’n vlak-drie provinsiale afrigter en ’n vlak twee nasionale afrigter.

Verlede jaar het hy ’n vierde plek tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal en ’n derde plek in die senior afdeling by Tuks. Vanjaar het hy nog ’n vierde plek in die senior afdeling, 84kg- tot 96kg-gewigsklas by Tuks behaal.

Gawie het gesê hy het in stoei begin belangstel vir een rede – om sy rugbyvaardighede op te skerp.

Volgens hom is stoeiers baie fikser as rugbyspelers. Stoei help hom om beter duikslae te kan uitvoer, te skrum, te reageer en verskerp sy hand-en-oog koördinasie. Hy glo stoei maak jou fikser en sterker.

Gawie het verduidelik dat alhoewel stoei ’n fisiese sport is, is daar steeds omtrent 80 persent meer beserings in rugby is as in stoei.

“Ek is lief vir die sport want dit is ’n individuele sport. Na skaak is dit die sport wat jou brein seker die meeste ontwikkel. Die sport kan ook vir ’n onbepale tyd beoefen word. Jy kan op vierjarige ouderdom begin met stoei en dit beoefen tot jy 65 is.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button