NewsSchools

Rappies-personeellid se 40 jaar diens vereer

Skool: Baie dankie Sarie vir al jou toewyding, lojaliteit en opoffering.

Sarie Steyn is vanjaar 40 jaar lank by Laerskool Rapportryer as personeellid.

Sarie vervul nog al die jare ’n baie belangrike rol by die skool. Sy het in 1976 by die skool as ontvangsdame begin.

Na haar pos as ontvangsdame het sy die linker- en regterhand van die skoolhoof, Karel Stoop, geword. Sy is ook die Dienstebestuurderres wat seker maak dat menige skool en ander funksies seepglad en baie keurig laat verloop.

Nie alleen weet sy van elke aktiwiteit in en om die skool nie, sy ken elke organiseerder se voorkeure.

Laerskool Rapportryer wil graag vir haar sê,

Baie dankie Sarie vir al jou toewyding, lojaliteit en opoffering teenoor almal by Rappies – jy is die W van Wenners vir môre”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button