Local newsNewsUpdate

‘Oom Kokkie’ se legende leef voort

Op daardie stadium het Henry nooit gedink dat hy vir Oom Kokkie ook sou moes leer om hare te sny nie

Henry Jacquire, ‘n 73-jarige haarkapper het onlangs op die gewilde artikel I lived in Randfontein and survived it afgekom en toe besef maar hy ken iemand met die naam van ‘Oom Kokkie du Plessis’ – ook ‘n haarkapper maar wie ‘n hout hand gehad het en nou oorlede is.

Henry het toe besluit om sy spesiale herinneringe met die Herald te deel.

Henry het in 1959 saam met sy pa huis kom bou op hul plot in Brandvlei waar hy in daardie jaar planne gehad het om op die myn te gaan werk. In die tydperk het hy gehoor Kokkie du Plessis, die bekende haarkapper in Union Straat in Randgate is op soek na ‘n vakleerling.

Henry was glad nie mal oor die idee nie maar sy pa het hom oorreed en gesê dat hy altyd daarna nog op die myn kan kom werk.

Daar het Henry toe vir Oom Kokkie ontmoet waar Kokkie hom belowe het dat as hy in sy vierde jaar is, hy hom ‘n gekwalifiseerde haarkapper se salaris sal betaal en as hy nie kon nie, vir hom ‘n posisie sou kry waar hy dieselfde tipe salaris kan verdien.

Oom Kokkie het Henry alles oor haarkappery geleer en op daardie stadium het Henry nooit gedink dat hy vir Kokkie ook sou moes leer nie. Henry het selfs vir ‘n jaar by Kokkie du Plessis geloseer.

Oom Kokkie en sy gesin was een naweek Potchefstroom toe, toe hulle in ‘n motorongeluk betrokke was. Oom Kokkie het sy regterhand erg beseer en moes na die ongeluk ‘n kunsmatige hand kry.

Daar het Henry weer vir Oom Kokkie, wat hom geleer het, weer moes leer hare sny en saam het hulle die moeilike taak aangepak. Hulle het saam gewerk op een klient se hare, waar Oom Kokkie die hare sou kam, en Henry dit sou sny. Oom Kokkie het ook suy belofte aan Henry gehou, en het in sy vierde jaar vir Henry ‘n ander pos gekry, waar hy ‘n baie goeie salaris sou verdien.

Henry het in sy 55 jaar van hare sny, al Dr Connie Mulder, Mossie Massyn, Andre Rossouw, John Griffiths, Jimmy Kitching, Dr Boy Geldenhuys, Jannie van der Merwe en vele ander bekendes se hare gesny. Henry sny nogsteeds hare, en vir hom is die herinneringe van Oom Kokkie uiters kosbaar, en sal nooit die man wat hom alles geleer het van haarkappery, vergeet nie.

As enige lede van die gemeenskap stories en herinnering oor hulle jonger dae in Randfontein aan die Herald wil vertel, skakel gerus die kantoor by 011 693 3671 of e-pos maritzaz@caxton.co.za

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

I lived in Randfontein and survived it

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button