Opinion

Hou by die wet en voorkom ongelukke

98 persent van Randfontein-bestuurders stop nie by stopstrate nie.

Dit gaan my verstand te bowe dat iemand by ‘n stopkruising in ‘n ongeluk betrokke kan raak.

Blameer hulle die stopteken en stoplyn. Maar glo my, 98 persent van Randfontein-bestuurders stop nie by stopstrate nie. Terwyl ek stilhou, word ek gevloek en vingertekens gewys.

Een Saterdag toe ek stop het ‘n konstruksiemaatskappy se eentontrokkie amper my voertuig afgeskryf. Ek wys ek het by die stopstraat gestop, maar die man wou my aanrand omdat ek stilgestaan het.

Tot ons wetgewers pas nie die wet toe nie. Verkeersbeamptes kyk ook nie links of regs nie en ry oor die stop, selfoon in die hand sonder ‘n veiligheidsgordel aan.

Dis vier wette wat by een stopkruising verontagsaam word

Die stopstrate is deur bloed daar gesit. So ‘n ongeluk vind plaas en daar’s dood, besering of skade van duisende rande.

Jy kan nie sê “as ek maar net gestop het” nie want dis te laat: You have passed the point of no return.

Ongelukke kom weens nalatigheid en arrogansie. Moet nie ander vloek wat die wet toepas nie. Ek bestuur al sedert 1974 en het nooit ‘n boete of ‘n motorongeluk gehad nie – net deur die wet te volg.

Ten laaste, as motoriste nie eers ‘n eenvoudige stopteken en padwet kan gehoorsaam nie, hoe kan hulle dan God se wette volg?

Kom nou Randfontein se bestuurders, kom ons maak ons dorp dié Desember ‘n veilige dorp. Gehoorsaam die wette.

Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar.

Related Articles

Back to top button