Local newsLocal sportNewsSchoolsSport

Rappies-dansleerling vaar goed in Italië

Hy dans al sedert hy agt jaar oud is.

Jaden Smith,‘n graad 5-leerling van Laerskool Rapportryer is iemand wat nie net op sport-, kultuur- en akademiese gebied uitblink nie maar ook in dans, spesifiek hip-hop.

Jaden is ‘n lid van die Mario Gomes Hip-Hop Dansakademie sedert hy agt jaar oud is. Hy het nog altyd ‘n passie vir dans gehad en kan homself nou behoorlik uitleef in sy hip-hop. Jaden het gedurende Oktober aan die Hip-Hop Wêreldkampioenskappe in Rimini, Italië deelgeneem.

Hy is deel van die Kahos Crew (groot formasies) en ‘n vyfde plek verower waar 18 lande deelgeneem het. Jaden is ook ‘n lid van die Lilprecision Crew (klein formasies) wat ‘n tweede plek verower het uit 28 deelnemende lande.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button