Opinion

Kwadfietse ‘n geweldige probleem

As jy dit waag om met hulle te praat word jy summier gevloek en gedreig want sekere van die ouens ry oop en bloot met rewolvers aan hulle sye rond.

Die onwettige kwadfietse in Randgate se strate het in ‘n geweldige probleem ontaard.

Daar is male sonder tal deur middel van die Herald asook telefoonoproepe na die polisie asook die verkeersdepartement deur inwoners van ons dorpie hieroor gekla maar ongelukkig word daar geen aandag aan die probleem gegee nie.

Dit gaan beslis nog onskuldige lewens eis en baie hartseer veroorsaak want die onbedagsame kwadfietsryers toon geen respek teenoor ander mense nie.

Die paaie word as renbaan gebruik, hulle jaag straat op en straat af met ‘n geweldige geraas en spoed, hulle stop nie by stopstrate nie en soms ry tot drie mense op een kwadfiets.

As jy dit waag om met hulle te praat word jy summier gevloek en gedreig want sekere van die ouens ry oop en bloot met rewolwers aan hul sye rond.

Die sypaadjie in Buitenstraat reg langs Die Renaissance aftree-oord is die mees geliefkose plek om op en af resies te jaag, stof op te skop en die fietse se enjins se revolusies tot die maksimum perk op te draai. Dan is die geraas so oordonderend dat ‘n mens nie eers jou eie televisie kan hoor nie.

Die feit van die saak is die kwadfietse is onwettig op die pad en hulle het geen reg om op die dorpspaaie te ry nie. Hoekoem word die wet nie toegepas nie?

Ek sien gereeld vekeersbeamptes en polisie in die strate rondry en patrolleer maar hulle hou hulle blind vir dié reuse probleem!

Dit het tyd geword dat daar teen die mense opgetree word. Ons vra die verkeershoof om asseblief nou iets daadwerklik hieraan te doen.

Baie dankie aan die Herald dat julle moeite doen met jul lesers se klagtes.

Related Articles

Back to top button