Local newsNewsSchools

Veroniqué is Janna van die Jaar

Skool: Sy is 'n voorbeeld van wat Jannas sou wou hê al hul leerlinge moet wees.

Die Janna van die Jaar-toekenning gaan aan niemand anders as Veroniqué Rossouw nie.

Dié gesogde toekenning word elke jaar aan ‘n matrikulant toegeken. Dit gaan nie oor ‘n leerling se uitstekende prestasies in sport, kultuur, akademie of hom/ haar se goeie leierskap nie eerder hul gedrag.

‘n Ware Janna van die Jaar se gedrag moet glo nuuswaardig wees. Dié leerling moet basies ‘n ambassadeur vir die skool wees. Hul gedrag en optrede moet ook ‘n bydra lewer tot hul medemens.

Dit was tydens die skool se jaarlikse kultuurprysuitdeling wat Veroniqué met die spoggerige toekenning beloon is.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder is Veroniqué gewild onder haar medeleerlinge, personeel en die administratiewe personeel. Sy word beskryf as ‘n lewensblye persoon ten spyte van haar terugslae.

Hierdie toekenning word aan ‘n leerling oorhandig wat deur merkwaardige diens en gedrag bygedra het tot die sukses van Hoërskool Jan Viljoen. Sy is ‘n voorbeeld van wat Jannas sou wou hê al hul leerlinge moet wees,” sê Smith.

Veroniqué glo aan waardes, norms en leef dit elke dag van haar lewe uit. Sy lei deur voorbeeld en dade en nie woorde nie.

Hierdie leerling was by Jannas ‘n Verteenwoordigende Leerling Raad (VLR)-lid van Graad 8 tot 12. In Graad 11 was sy die graadverteenwoordiger en Graad 12 die vise-president.

Sy het ook op die VLR as verteenwoordiger van Jannas-leerlinge gedien.

Veroniqué kan uitstekend dans en was vir vyf jaar ‘n lid van die bekende Jannas Pom Pom-span waarvan sy twee jaar die kaptein was.

Hierdie leerling is vrygewig en geniet dit om minderbevoorregtes te help. Sy maak ook altyd tyd vir haar skoolmaats.

Een voorbeeld hiervan is toe sy tydens Mnr en Mej Jan Viljoen 2015 haar rokke aan minderbevoorregte leerlinge wat deelneem geleen het. 

Veroniqué het boonop drie ander kultuurprysuitdeling-toekennings ingepalm:

• Kultuurleerling van die jaar;

• Senior Jannas Pom-Pom van die jaar;

• Beste dogter leier van die jaar.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button