Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Twee Riebeeckranders haal o.17 Protea-ringbalspan

Marilee en Twanette toer volgende maand reeds saam met die span Namibië toe.

Twee ringbaldogters van Hoërskool Riebeeckrand is in die sewende hemel nadat hulle in die o.17 Protea-ringbalspan opgeneem is.

Hulle is Marilee van der Walt en Twanette Thoms.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoorvoerder het albei dogters se ringbalprestasies al vroeg vanjaar vlamgevat.

Hulle was eers vir die Wes-rand se A-span gekies en toe vinnig in die  Gautengspan opgeneem waar hulle in Durban aan ‘n toernooi deelgeneem het. Dit was na afloop van die Durban-toernooi wat die twee dogters die onderskeie SA-ringbal en SA-uitnodigingspanne gehaal het maar dit was steeds nie goed genoeg nie …

In Oktober was albei in aksie vir die eerste rondte van proewe vir die o.17 Protea-span. Die laaste rondte het verlede week in Kempton Park plaasgevind waar albei die goeie nuus ontvang het dat hulle die Protea-trui (o.17) sal dra.

Die o.17 Protea-span toer Namibië vanaf 10 tot 15 Desember 2015.

Die skool wens albei sterkte toe.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button