Local newsNews

Melktandjies hou onvergeetlike Skouspel

Kleuters vanaf drie jaar tot Graad R het deelgeneem.

Melktandjies kleuterskool het verlede Donderdag ‘n onvergeetlike jaarlikse Skouspel by die NG Kerk Randpoort aangebied.

Kleuters vanaf drie jaar tot Graad R het in die vertoning deelgeneem. Omtrent 65 inwoners van Connie Mulder Sentrum vir gestremdes was ook genooi en het die kleuters se passievolle optrede baie geniet.

‘n Totaal van 10 inwoners van Vriendskapstuiste was ook daar. ‘n Groot hoogtepunt was beslis die Gangnam Style-vertoning.

Gert de Beer van die African Survivor Foundation (ASF) was in beheer van die klank. Ian Batten, ook van ASF en ‘n kanker oorlewende was ook onder die skare. In die openingstoneel het twee van die 3-jariges te fraai in hul afsonderlike bokse gesit terwyl die anders kleuters langs hulle gedans het.

Alle tipes musiek is gebruik vir die dansies en die meisies het pragtig ballet gedoen op Amazing grace.

Hul uitrustings was iets uit ‘n ander wĂŞreld en baie moeite was daarin gesit. Die Skouspel was ‘n groot sukses en die kleuters was almal baie trots op hulself.

“Baie dankie aan al die onderwysers vir hulle toewyding en hulp met die Skouspel,” het die bestuur van die skouspel gesĂŞ.

Besoek die gallery vir nog foto’s.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Melktandjies Kleuterskool hou damestee

Melktandjies reik uit na ander

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button