Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Jannas-rugbyspeler in Georgië

'Spelers daar is baie groot maar ek moet sê hul baarde is groter,'

Jannas-leerling Jaques van Heerden het verlede maand saam met die o.16 SA-President-rugbyspan in Georgië gaan toer.

Die span het onder andere Tblisi en Kutaisi, die twee stede met die grootste bevolkings in die land besoek. Uit hul drie wedstryde het die span een gewen, een gelykop gespeel en een verloor.

Spelers daar is baie groot maar ek moet sê hul baarde is groter,” het Jaques gesê.

“Ons het verskeie monumente en historiese geboue gesien. Dit was werklik ‘n fantastiese ondervinding saam met ‘n aangename groep rugbyseuns uit verskeie dele van Suid-Afrika. Die volksvreemde land was baie aangenaam, tog moet ek sê ek het na my land verlang, veral die braaivleis en biltong,” het Jaques vertel.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button