Opinion

Bietjie bedagsaamheid van die motoris sal baie help

Motoriste kla maklik omdat hulle nie verstaan nie.

Hoekom draf drawwers op die teerpad? Hoekom ry fietsryers in die middel van die pad?

Motoriste kla maklik omdat hulle nie verstaan nie. In die dag probeer drawwers op die sypaadjies draf.

Op baie plekke is dit egter onmoontlik omdat selfsugtige huiseienaars blomme en plante op die sypaadjie plant. Hulle glo die sypaadjie behoort aan hulle.

Daar is sommige wat nog erger is; hulle plaas klippe of ander versperrings op die sypaadjies. Saans is dit onmoontlik vir ‘n drawwer om op die sypaadjie te draf. Dié terrein is te ongelyk en dit sal lei tot valle en geswikte enkels.

Fietsryers probeer om een derde van die kant van die pad af te ry omdat die derde naaste aan die kant vol slaggate, klippe, bottelstukke en afval lê.

Tref ‘n fietsryer so iets is dit óf ‘n val, óf ‘n pap wiel. ‘n Bietjie bedagsaamheid van die motoris sal baie help.

Related Articles

Back to top button