Local newsNewsSchools

Rappies speel pop en word wys

Leerlinge deur poppespel touwys gemaak hoe om probleme te hanteer.

Maatskaplike werkers van NG Welsyn in Randpoort het onlangs vir die Raakvatters van Laerskool Rapportryer verduidelik wat hul rol in die gemeenskap is.

Met ‘n popperolspel is leerlinge touwys gemaak hoe om probleme te identifiseer wat daagliks hul lewens raak of oor hul pad kom. Die leerlinge het goeie raad gekry oor hoe om dié situasies te hanteer.

Leerlinge het toe, om dankie te sê, verskeie geskenke aan die welsynsorganisasie oorhandig wat insluit gebruikte klere, speelgoed, boeke, lakens, komberse, niebederfbare kos en skoonmaakprodukte.

‘n Onderwyser, Magriet de Lange bedank graag die Rappie Raakvatters en hul ouers vir hul goedhartigheid om dié organisasie so te ondersteun.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button