Local newsNewsSchools

Riebeeckrander vergelyk met Thatcher

Graad 11-leerling wen R'fontein-streek se openbare redevoering-kompetisie.

Graad 11 Rierander Chené Münz is onlangs as die algehele wenner van die jaarlikse Munisipale Biblioteke se openbare redevoering-kompetisie in die Randfontein-streek aangewys.

Die kompetisie is in samewerking met die Gauteng Departement van Onderwys, Gauteng Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, en Randfontein munisipale biblioteke aangebied. Die kompetisie is daarop gefokus om lees en navorsing in skole te verbeter. Die tema vanjaar was Can South Africa still survive?

Agt skole in die Randfontein-streek het vanjaar deelgeneem en Chené het Hoërskool Riebeeckrand met trots verteenwoordig. Chené se vertoning was so goed dat een van die beoordelaars na die tyd gesê het,

Dié kind is ‘n jong Margaret Thatcher.”

As wenner van dié kompetisie wat sedert 2004 aangebied word, het Chené ‘n skootrekenaar en wisseltrofee ontvang. Elke deelnemer het ook ‘n woordeboek, biblioteeksak en tablet as geskenk ontvang.

Riebeeckrand is nou outomaties deur na die volgende rondte vir die Wes-Rand-streek wat deur die Gauteng Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning gereël word. Leerling wat die paal haal sal deurdring na die provinsiale kompetisie. Die twee rondtes vind in 2016 plaas.

Volgens Jeanine Mostert, programkoördineerder van die Randfontein Munisipale Biblioteke was dit ‘n strawwe kompetisie en van ‘n hoë gehalte.

Deelnemers het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Dit was ‘n reuse sukses en ons sien uit na volgende jaar.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button