Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Hou bene hou

Langasematlete se uithouvermoƫ is getoets tydens Jannas/ EPR se 9/ 18 uur-marathon.

Atlete van Hoƫrskool Jan Viljoen (Jannas) asook ander landloopspanne se uithouvermoƫ is weer tot die uiterste beproef tydens die jaarlikse Jannas Atletiekklub 9/ 18 EPR-aflosmarathon.

Die marathon is ‘n geregistreerde Atletiek Suid-Afrika- (ASA-) wedloop wat streng volgens ASA-reĆ«ls en -regulasies plaasvind.

Atlete se rondtes word elektronies getel en uitslae word dadelik deur Wright Race Timing verwerk. Dit is die 16de jaar wat Jannas diƩ marathon aangebied het. Laerskoolspanne het omstreeks 1nm vir die 9uur-wedloop weggespring. Twee uur later het klub- en hoƫrskoolspanne, individuele atlete en stappers gevolg.

Die langasems wat die uitdagende 18-uur wedloop aangedurf het, het om 6nm weggespring en moes tot 12uur die volgende middag uithou.

Kleuterskoolspanne was ook onder die deelnemers en het Saterdag om 9vm met hul wedloop begin. Party van hulle het selfs die groter en ouer atlete gewys wie’s baas.

Julius Katzke, skoolhoof van Jan Viljoen het ook deelgeneem deur te stap. Talle onderwysers was ook onder die deelnemers. Die marathon se hoofborg, EPR Sekuriteitsgroep het die medaljes, T-hemde en programme geborg.

Die bestuur van Jannas bedank graag vir EPR. Hulle sĆŖ ook dankie aan Chris en Ria Bornman wat die wedloop georganiseer het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button