Opinion

‘n Man uit een stuk

Terugvoering op Johan Swart se brief van 9 Oktober 2015.

Ek wil net graag by Johan Swart se brief aansluit en die volgende sê:

Die seun van wie Johan Swart praat is nie net ‘n goeie wag nie maar is ook altyd baie vriendelik en behulpsaam. Wanneer hy aan diens is, sal hy mens altyd laat glimlag en altyd help en wys waar die produkte in Spar is waarna mens soek.

Dit terwyl 99,9 persent van die pakkers nie eers weet waar items is nie.

Mense soos hy verseker dat ek enige tyd weer Randgate Spar sal ondersteun.

Ek is baie trots op jou Wynand. Hou so aan. Maxi Security is seker net so trots op jou.

“Give that man a Bells!”

Vriendelike groete.

Related Articles

Back to top button