Local newsNewsSchools

Mooi so Rierand-redenaars

Reinhardt le Roux het ‘n trofee ontvang vir die meeste diamant-toekennings in sang.

Riebeeckrand se leerlinge het onlangs hope toekennings ontvang tydens ‘n RACA gala-aand vir hulle puik opvoerings.

Die volgende leerlinge spog met toekennings:

• Reinhardt le Roux het ‘n trofee ontvang vir die meeste diamant toekennings in sang. Hy ontvang ook ‘n trofee as algehele wenner in die vokale afdeling.

• Die junior dansgroep het ‘n trofee ontvang vir die algehele beste dansgroep – in die afdeling van sekondêre skole.

• Die gr. 11-dramagroep is aangewys as die kategoriewenner.

• Die gr. 10 en gr.11 Afrikaans-redenaarsgroep asook die gr. 11 ‘English Public Speaking team’ is as die kategoriewenners aangewys

• Die spreekkoor het ‘n trofee ontvang vir die beste spreekkoor – sekondêre skole.

Riebeeckrand is baie trots op Reinhardt, die twee redenaarspanne, die Public Speaking groep, die dansgroep, die dramagroep

en die spreekkoor wat aangewys is as die bestes! Dit is voorwaar ‘n besondere prestasie!

Related Articles

Back to top button