Local newsNews

Plaasjapie al 68 jaar met sy stadsjapie getroud

Baie geduld, respek, geen geheime en om verdraagsaam te wees hul wenresep.

Twee inwoners van Randfontein, Martin, 88, en Marie, 85, Pretorius het op Sondag 27 September hul trotse 68ste huweliksherdenking gevier.

Die Herald moes toe net hul wenresep uitvind.

In Edenvale presies 68 jaar terug het Martin se vriend daarop aangedring dat hy saam met hom en Marie moet gaan dans. Martin het gesê hy het nie ‘n metgesel nie, waarop Martin se vriend dadelik voorgestel het dat hy en Marie as ‘n paartjie saam gaan dans. Dit was liefde met die eerste oogopslag en van daar af was hulle onskeibaar.

Hulle albei kom oorspronklik van die Vrystaat en hulle het ook ‘n lewe daar begin bou. Hulle het sewe kinders, twee dogters en vyf seuns. Daar is ook daarby 18 kleinkinders en drie agterkleinkinders.

Marie sê dat Martin ‘n plaasmens is en sy die teenoorgestelde. Hul woon die afgelope 19 jaar in Randfontein. Hulle mooiste uiterlike kenmerke van mekaar is hulle oë en Marie sê Martin is saggeaard en ‘n lojale huweliksmaat.

Marie en Martin Pretorius is steeds verlief na 68 jaar.
Marie en Martin Pretorius is steeds verlief na 68 jaar.

Hulle albei is ook baie lief vir die see en het vir baie jare by die Suid-kus vakansie gaan hou. Hulle wenresep vir ‘n lang, gelukkige huwelik is baie geduld, respek, geen geheime hou nie en om verdraagsaam te wees. Hulle gaan ook orals saam en glo dat die Here hulle huwelik nog altyd ryklik seën.

Marie sê,

Ons het ons kinders in ‘n baie gelukkige huis grootgemaak en tot vandag toe is ons ‘n hegte familie.”

Op hulle spesiale dag was hulle vir middagete uitgevat en die res van die dag saam met hul kinders geniet.

Dis mos ware liefde …

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Oud-polisieman en vrou vier 64 jaar van geluk

Daar is niks soos ware liefde

Die liefde blom steeds na 50 jaar

Steeds verlief na 50 jaar

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button