Local newsNews

NG Welsyn beplan glansgeleentheid

Stoepstories sal deel wees van die aand se vermaak.

Volgende week Vrydag bied NG Welsyn hul jaarlikse fondsinsameling aan waar ‘Stoepstories’ deel sal wees van die aand se vermaak.

Dit sal die vorm van ‘n glansgeleentheid by die NG Kerk Helikonpark aanneem.

Fanus Hansen en kie gaan ‘Stoepstories’ aanbied terwyl gaste heerlik kan smul aan ‘n driegangmaal bedien met wyn en druiwesap. Die geleentheid vind plaas 6.30nm vir 7nm en die kaartjies is R250.

Die kaartjies is te koop by die kantoor van die NG Welsyn wat op die hoek van Buiten- en Stegmanstrate, Randpoort is.

Vir enige navrae, kontak die kerk op 011 412 1035/6

Related Articles

Back to top button