Local newsLocal sportNewsSchool sportSport

Jannas o.15s wen plaat-trofee in Roodepoort

Klop Randpark Ridge met 40 punte in eindstryd.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se o.15-rugbyspan is onlangs as die plaatwenners in vanjaar se Roodepoort Rugbyklub-reeks aangewys.

Die span hier van West Porges in Randfontein het tydens die reeks in Augustus een van hul drie kragmetings gewen (teen Bastion), een gelykop gespeel (teen Bekker) en een verloor.

In die einstryd van die plaat-afdeling het die span toe gemaklik vir Randpark Ridge met ‘n telling van 48-8 verniel.

Tydens die reeks was Ally Sibiya van Jannas as die speler van die eindstryd en Tebogo Mokgatla as die speler van die reeks aangewys.

Jannas se o.15-rugbyspan.
Jannas se o.15-rugbyspan.

Related Articles

Back to top button