Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

10 van Ram haal Gauteng-Wes krieketspan

Skoolhoof opgehemel vir sy bydrae en insig tot Ram-krieket.

Tien kriekerspelers van Laerskool Randfontein (Ram) is onlangs tot hul onderskeie ouderdomsgroepe in die Gauteng-West krieketspan opgeneem.

Dit nadat die seuns bo ander uitgestaan het tydens die Gauteng-Wes krieketproewe. Die proewe het van 6 tot 12 Augustus op eie bodem plaasgevind. Laerskole van regoor die hele Gauteng-Wes-streek het aan die proewe deelgeneem.

Die spelers was toe op 14 Augustus tydens ‘n seremonie gecap.

Dis ‘n fantasiese prestasie en almal by Ram is uiters trots op die tien spelers,” sê Annie Nolan, woordvoerder van Ram.

Die volgende leerlinge het span gehaal:

• o.9B – Waldo Greyling

• o.9A – Rikus Thiart

• o.10B – Joshua van Quikelberg, Kieran Rautenbach, en Nathan du Plooy

• o.10A – FG Mulder

• o.12B – Petrie du Toit

• o.12A – Roché Rautenbach

• o.13B – Tiaan Barnard

• o.13A – Khotso Segale

Ram se skoolhoof, Leon Haupt, het ook ‘n spesiale eretoekenning vir sy bydrae en toewyding tot Gauteng-Wes krieket oor die afgelope 18 jaar ontvang.

Leon het gedurende die 18 jaar op verskillende vlakke met krieket te doen gehad; eers as afrigter en toe skeidsregter. Gedurende die afgelope sewe jaar was hy voorsitter van Gauteng-Wes krieket. Hy is ook onlangs verkies as Gauteng-keurder.

Mnr. Haupt het ‘n groot voorliefde vir krieket wat gewortel is in al die tradisies rondom krieket. Hy geniet ‘n vyf dag krieketwedstyd die meeste want dis vir hom lekker om die wedstryd te analiseer en met die statistieke te werk. Dit alles word moontlik gemaak deur ‘n diep en intense insig in die spel van krieket,” sê Nolan.

Ram voel met Leon aan die stuur van Ram-krieket lyk die toekoms blink.

Related Articles

Back to top button