CrimeLocal newsNews

Is veediefstal besig om hand uit te ruk in SA?

'Veediefstal het 'n besigheid geraak.'

Is veediefstal net ‘n gewone probleem of is dit besig om ‘n dilemma te word wat die ekonomie baie skade kan berokken?

Jaarliks word derduisende vee gesteel op plase in ons land en dit neem net toe, asof daar net geen metode is om die veediewe te stuit nie.

Die meeste plase wat gebrandmerk word is plase naby ons landsgrense.

Die probleem is dat die grense nie voldoende gepatrolleer kan word nie en dus kan onwettige immigrante maklik deurkom en steel en roof en ongesiens weg kom. Weens die tekort aan opgeleide personeel en voertuie kan die veediefstal eenheid van die SAPD ook nie betyds by alle veediefstal sake uitkom nie.

Veediefstal het nie alleen ‘n groot invloed op die veeboere se winsgewindheid nie, dit belemmer ook die grondhervormingsproses van die regering en die bemagtiging van opkomende produsente.

Veediefstal is van die moeilikste sake om op te los en weens die tekort aan opgeleide personeel en toerusting kniehalter dit die veediefstal eenheid in die uitvoering van hulle pligte.

Die probleem word vererger deur die feit dat veediefstal ‘n “besigheid” geraak het en daar ‘n beduidenis van sindikaat-bedrywighede.

Meeste produsente is besig om hulle vertroue in die regstelsel te verloor en baie veediefstal gevalle word dus nie aangemeld nie.

Baie gevalle van veediefstal sloer maande om opgelos te word of word weens onvoldoende bewyse of die uitgerektheid van ondersoeke uit die hof gegooi.

Nie net het veediefstal ‘n wesentlike invloed op die voedselsekuriteit van ons land nie maar ook belemmer dit die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf se kompeteerbaarheid internasionaal. Dit op sigself is ‘n groot knou vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Nasionale en provinsiale veediefstalforums beywer hulle daarvoor dat ‘n meer effektiewe, permanente opleidingsprogram vir staatsaanklaers en lede van veediefstaleenhede gevestig word. Dit skep ‘n groot kopseer want veediefstal is ‘n misdaad met skrikwekkende nagevolge.

Vir die veeboer, sy gesin en plaaswerkers hou veediefstal ook gevaar in.

Meeste veediefstal gevalle word geimplimenteer deur sindikate wat gewapen is en nie huiwer om te skiet as hulle betrap word nie. Veediewe het een doel voor oë, om vee te steel, en laat nie toe dat hulle gestuit word nie.

Die nuwe vuurwapenwet maak dit moeilik vir die veeboer om sy grond en eiendom te beskerm omrede die klomp voorwaardes, dokumente en vuurwapenbevoegdheids sertifikaat wat bekom moet word.

Daar is verder ‘n beperking op die hoeveelheid vuurwapens en verskillende vuurwapen kalibers wat ‘n mag besit.

Vir ‘n besige veeboer is dit tydrowend om weke aaneen te sukkel om eers die nodige dokumentasie vir ‘n vuurwapen te bekom en dan die gewag vir sy vuurwapenlisensie wat soms maande duur.

As mens kyk na die vuurwapenwet is dit als dan nie die moeite werd gewees nie, indien jy sou skiet is dit hofsaak op hofsaak en meeste van gevalle word ‘n “loophole” gevind en die boer, wat sy belange, eiendom en geliefdes probeer beskerm teen veediewe eindig agter tralies.

Is veediefstal besig om hand uit te ruk in Suid-Afrika? Wat staan die veeboer te doen om veediefstal te voorkom? Kan veediefstal in sy geheel bekamp word? Is die regering se metodes effektief om veediefstal te bekamp? – Vier van vele vrae wat aandag aan behoort geskenk te word.

Is veediefstal besig om hand uit te in Suid-Afrika? Definitief ja.

Jaarliks word derduisende vee gesteel in ons land, sowat R700 miljoen se vee.

Van die sowat 60 000 beeste wat getseel word, word net 40 per sent terug gevind. Van die sowat 81 000 skape wat gesteel word net ‘n skrale 21 persent weer gevind.

Veediefstal in sy geheel is moeilik om geheel en al te bekamp en meer intensiewe maatrëels sal moet ge-implementeer word asook groter strawwe deur die howe.

Die veeboer kan kyk na verskillende metodes soos, verbeterde heinings, elektrifisering van heinings, arbeiders vee laat oppas deur nag, meer duidelike merk van diere. Boere kan veediefstal inligtingsentrums in hulle gebiede begin en gereeld met die polisie en hof amptenare vergader.

Die regering se metodes om veediefstal te bekamp is onvoldoende en dit is dus noodsaaklik dat boer, gereg en regering saam besprekings hou om die veediefstal dilemma ‘n effektiewe knou te dien.

Related Articles

Back to top button