Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rierand het nou ‘n gym!

"Dit gee die leerlinge iets positiefs om op te fokus" - woordvoerder.

Hoërskool Riebeeckrand het amptelik op Maandag 3 Augustus hul nuwe gimnasium se deure vir leerlinge oopgemaak.

Rierand se oogmerk is om vir alle leerlinge, maar veral dié wat aan sport deelneem die kans te gee om fiks te bly en sodoende in hul sport te verbeter.

Rierand vra leerlinge glo ‘n minimale bedrag vir toegang tot die gimnasium wat oop is van 2nm tot 9nm. Die skool het alle toerusting by Nola-gimnasium oorgekoop en spog nou met ‘n wye verskeidenheid top toerusting.

Rierand het ook die dienste van Terence Byrne, ‘n top persoonlike afrigter bekom wat die leerlinge help om die regte oefeninge te doen en ook om beserings te voorkom.

Die gimnasium gaan alle spelers, veral rugbyspelers, baie help om dwars deur die jaar fiks te bly. Ons wil graag ook bootcamp-klasse begin aanbied,” het Terence gesê.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het gesê, “Hierdie is ook ‘n baie goeie manier om leerlinge uit die strate en moeilikheid te hou. Dit gee hulle iets positiefs om op te fokus.”

Francois van der Berg, ‘n Graad 9-leerling het laggend vertel, “Ek oefen hier om fisies groter te word vir rugby en om vir my vriende te wys wie is baas.”

Related Articles

Back to top button