Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Al wat jy sien is die Blou Masjien

Derde beker vir Hoƫrskool Jan Viljoen (Jannas) se o.16-rugbyspan in die kassie.

Die liedjie En al wat jy sien is die Blou Masjien sal vir ‘n jaar hier in Randfontein uit volle bors gesing word.

Dit nadat HoĆ«rskool Jan Viljoen (Jannas) se o.16-rugbyspan bekend as die Blou Masjien ander gewys het wie’s baas in die Goue Leeus-liga vir Groot Skole.

Toe die Herald hul afrigter, George Smith vra oor die span se naam het hy gesĆŖ die spelers het dit een dag begin sing toe hulle uitdraf.

Ek ken nie al die woorde nie. Ek ken net die koor. Hier kom die Blou Masjien, sing hul altyd. Hierdie manne glo dat hulle masjiene is. Niks kan hulle stop nie,” sĆŖ George.

Oppononente vir wie Jannas in die liga gewen het sluit in Hoƫrskool Riebeeckrand, Bastion, Randburg, Dinamika en Alberton.

Die Blou Masjien het wel vroeg in die liga teen Alberton vasgeval maar toe weer met die einste span in die eindstryd koppe gestamp en naelskraap 19-18 geseĆ«vier. Volgens George was dit ‘n drie in die doodsnikke wat die oorwinning beklink het.

Die ligabeker is ook die span se derde die afgelope 11 maande. Hulle is ook kampioene van die o.15 Cokebeker-reeks en Super-reeks.

Toe die Herald vir George gevra het wat die span se geheim is het hy gesĆŖ,

Hierdie span het BMT ā€“ big match temperament. In amper elke wedstryd is hulle agter met punte en in die laaste paar minute kom hulle terug. Verder oefen hierdie span twee uur ‘n dag vier dae ‘n week.”

Die Blou Masjien het ook vir die Beeld-trofeekompetisie gekwalifiseer en sal Saterdag (8 Augustus) met Hoƫrskool Ben Vorster kragte meet.

Related Articles

Back to top button