Local newsNews

Vaarwel ons Kaptein

'Ek sal jou elke dag van my lewe mis' - Vissie se vrou.

Op 24 Julie is Christiaan (Vissie) Liebenberg, kaptein van die Proto span reddingswerke van die Doornkop myn, deur die NG Gemeente Helikonpark begrawe.

IMG_0086 (Medium)

Christiaan (beter bekend as Vissie) was die kaptein van die Proto span vir reddingswerk by die Doornkop myn. Hy was vir vier jaar by dié myn en sy vrou Estelle Liebenberg het op die dag, by sy begrafnis, sy vyf jaar dienserkenning ook ontvang. Christo de Klerk , Direkteur en bestuurder van Mines Rescue Services, het ‘n huldeblyk aan Vissie gelewer en Ds Nico van Rensburg het die diens behartig.

Ds Van Rensburg het uit Psalm 91 voorgelees, Vissie se gunstelling Bybelvers, die bladsy in sy Bybel wat hy altyd oopgehou het.

Vissie het op 17 Julie na ‘n 29-minuut oefensessie by die myn inmekaar gesak, waar hy nooit weer opgestaan het nie. Hy het gesterf aan ‘n hartaanval op die ouderdom van 28 jaar. Hy laat sy vrou, Estelle, sy ouers, skoonouers en familie en vriende na . Die impak wat sy lewe op mense gemaak het was duidelik te sien in die aantal mense was sy begrafnis bygewoon het.

Vissie se vrou, Estelle, het in ‘n roerende brief aan haar man geskryf, “Vandag is jou plekkie leeg bekkie, en my hart is saam met jou na ‘n beter plek toe. Ek sal jou elke dag van my lewe mis en ek wens so jy kon die res van my lewe saam met my spandeer.” In haar brief skryf sy verder hoe ‘n wonderlike man hy vir haar was en hoe hy haar onvoorwaarlike liefde geleer het. Sy vertel van hoe hy alles wat hy gedoen het, met passie aangepak het en hoe hy almal om hom altyd wou help.

Vissie was ook ‘n lid van die Chevy Super Sport Klub, waar hy deelgeneem het aan liefdadigheidswerk vir die gemeenskap. Baie van die klub se Chevy’s het eerste in die stoet gery, in herinnering aan Vissie en hulle spesiale tye saam met hom. Vissie se groen Chevy met sy “Hulk” nommerplaat, het voor die kerk gestaan en die sport was ook een van die groot liefdes in sy lewe.

IMG_0039 (Medium)

Francois Lewitton, eienaar van die SS Klub, het hartseer gesê, “Vissie se afsterwe het ‘n groot leemte in ons lewens hier by die klub gelaat. Vissie was die eerste en jongste lid van die klub. Hy was altyd die eerste persoon wat iemand sou help, en het nooit iets in ruil daarvoor gevra nie.”

De Klerk, direkeur en bestuurder van die Mines Rescue Services het gesê, “Dit was die eerste keer in 91 jaar dat ‘n reddingspan lid en Kaptein by die Doornkop myn sy lewe verloor het, terwyl hy besig was om fiks te word vir sy passie — sy werk. Vissie was ‘n toegewyde, ywerige en lojale werker en hy was vir my soos een van my seuns. Hy was ‘n voorbeeld vir sy span, wat baie respek vir hom gehad het, en ook ‘n voorbeeld van iemand wat altyd reggestaan het om te help.”

IMG_0076 (Medium)

Oor die 80 mede Proto-spanlede het in uniform by die kerk vergader en vir Vissie ‘n eerwag gevorm, vanuit die kerk tot by die lykswa, terwyl die doedelsakspeler voor hulle geloop het; die musiek het bygedra tot die emosie en hartseer van Vissie se afsterwe.

Kliek hier vir meer fotos.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button