Local newsNewsBreaking News

Liefling-hond gekaap – Waar’s Snoopy?

Rowers steel motor met arme Snoopy binne-in.

Al wat die bejaarde Jennifer van Greunen en haar suster se reuntjie van motordiewe vra is dat hulle hul geliefde Snoopy, ‘n swart Maltese poedeltefie moet terugbring.

Op Woensdag 8 Julie is Jennifer se motor by die Randgate-kliniek gesteel – met Snoopy binne-in.

Kaptein Appel Ernst, woordvoerder van die Randfontein Polisie het bevestig dat ‘n saak van motordiefstal dié dag geopen is. Hulle ondersoek die saak.

Jennifer het verduidelik sy was by die Randgate-kliniek om haar medikasie te kry. Snoopy wil glo altyd saamry en dié dag was geen uitsondering nie. Sy het vir Snoopy ‘n paar minute in die kar gelos met die ruit ‘n klein entjie oopgedraai sodat Snoopy genoeg vars lug kon kry.

Toe sy uitkom het Jennifer gesien haar motor het soos mis voor die son verdwyn.

Snoopy. Foto ingestuur
Snoopy. Foto ingestuur

Jennifer was histeries, maar grotendeels omdat haar geliefde Snoopy weg was. Boonop het haar suster se reuntjie Snippie net mooi begin maats word met Snoopy, en nou treur Snippie saam.

Jennifer sê Snoopy het kort beentjies en is ongeveer 13 jaar oud. Wat die saak vererger is dat sy elke dag medikasie moet kry omdat sy stuiptrekkings kry. ‘n Hartseer Jennifer hoop die rowers kan dit oor hul harte kry om Snoopy ten minste te versorg.

Enige iemand wat inligting het of vir Snoopy gesien het kan Jennifer van Greunen by 082 756 5509 skakel.

Related Articles

Back to top button