Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Jannas-stoeiers haal weer die podium

Twee goud en twee brons vir plaaslike stoeiers in Pretoria.

Jannas Stoeiklub het op Saterdag 20 Junie, dié keer in Pretoria, nie teleurgestel nie deur weer die podium te haal.

Sewe Jannas-stoeiers was deel van die 400 wat in die Tuks Challenge in die Rembrant Saal in die LC de Villiers Sportsentrum van die Universiteit van Pretoria kragte gemeet het. Hulle was:

• Shaun-Lee Beukes

• Gawie Erasmus

• PJ Fourie

• Aldré Groenewalt

• Henko Jacobs

• Justin Landsberg

• Michael Reed

Jannas-medaljewenners:

• Gawie Erasmus — Brons

• PJ Fourie — Goud

• Aldré Groenewalt — Goud

• Justin Landsberg — Brons

Aldré Groenewalt het sy teenstander in 'n sterk greep gehad. Foto: Sharne Groenewalt
Aldré Groenewalt het sy teenstander in ‘n sterk greep gehad. Foto: Sharne Groenewalt

Related Articles

Back to top button